top of page

Welkom by Woelwaters Speelskool

 

Woelwaters is 'n versorgings- en vroeë-ontwikkelingsentrum met 'n sterk Christelike grondslag. Ons bied liefdevolle versorging en hoë gehalte stimulasie en onderrigsprogramme aan kinders vanaf 3 maande tot 5 jaar.

Kontak Ons

 

             Andries Els 061 424 4572



 

       woelwatersskool@gmail.com

 

        90 Verdun Rd, Lorraine, 

        Port Elizabeth

Ouderdomsgroepe
3 - 12 Maande
Cute Baby Crawling

Die ouderdomsgroep is in twee aparte klasse. Die een klas is vir babas wat in die eerste helfte van die jaar gebore is en die tweede klas is vir die ouer babas van dieselfde jaar. Daar is een versorger vir elke drie babas en nie meer as ses babas per klas nie. Dit is om te verseker dat elke baba genoeg individuele aandag en sorg kry.

ELDA

Ons volg die ELDA Kurrikulum soos vereis deur die Departement van Onderwys
download_edited.png
!!! VEILIGHEID EN SEKURITEIT !!!
Woelwaters is gekontrakteer by ECMR vir enige mediese noodgevalle.
Daar is CCTV kameras in die klaskamers en ook op die speelgrond.
icon-illustration-cctv-camera-260nw-6273
1 - 2 Jaar 
Nursery Play

Daar is twee klasse vir die ouderdomsgroep. Ons probeer om die klasse klein te hou sodat elke kind persoonlike aandag kry. Kleuters van hierdie ouderdom volg 'n daaglikse program. Die fokus is op leer deur speel en hulle geniet baie binne- en buite-speeltyd, kreatiewe aktiwiteite en storietyd. Daar is altyd twee versorgers in elke klas wat na die kinders omsien.

2 - 3 Jaar
Drawing Together

Op hierdie ouderdom begin die kinders met "Potty Training". Hulle volg ook 'n daaglikse program gebaseer op die ELDA kurrikulum wat 'n weeklikse tema, speeltyd, slaaptyd en kuns aktiwiteite insluit. Daar is verskillende buitemuurse aktiwiteite waarmee hulle nou kan begin.

3 - 4 Jaar
Young Artist

Die kinders in hierdie klas volg 'n program met 'n weeklikse tema wat gebaseer is op die ELDA kurrikulum. Die werk is meer gevorderd en gepas by die ouderdom. Op hierdie stadium is daar een onderwyseres en een assistent vir elke vyftien kinders.

4 - 5 Jaar
Girl in Class

Die fokus vir kinders in die ouderdomsgroep is om hulle reg te kry vir Graad R. Ons volg weeklikse temas wat op die ELDA kurrikulum gebaseer is en die kinders word voorberei vir meer formele skoolopleiding. 

bottom of page