top of page

Ons Skool

Woelwaters Speelskool is op 1 Junie 2013 deur Annelie Els begin. Sy het 'n passie vir babas en kinders. Haar visie is om 'n skool te skep waar kinders baie liefde ontvang in 'n veilige, Christelike omgewing. Sy is persoonlik betrokke by die kinders en hul sorg. Annelie en die personeel by Woelwaters streef na ‘n rustige en gedissiplineerde tuiste waar kinders met selfvertroue kan groei en ontwikkel. 

Boy Holding a School Cone
Getuigskrif

Woelwaters is nie net 'n skool nie, dis soos 'n familie. Jy kan jou kind met 'n geruste hart afgee en weet hul word met Christelike waardes en goeie maniere geleer. My dogter het ook baie goeie maats daar gemaak. 

Elke kind word met liefde hanteer. Die skool het kameras wat heeldag die kinders dophou. Ek sal Woelwaters vir enige ouers voorstel, en glo my, u kind sal altyd gelukkig wees!

Carien Buys

 

Tye

​Maandag tot Vrydag
Voldag 06h30 - 17h30
​Halfdag 06h30 - 12h00

Kostes 2024
Voldag en halfdag beskikbaar.
Kontak Andries op 061 424 4572 vir huidige tariewe. 
Kostes sluit in:
  • Ontbyt en middagete soos ooreengekom met ouers
  • Vakansiesorg (behalwe 4 weke gedurende die Desember vakansie)
Spyskaart
Ontbyt 08h00
Maandag     Mieliepap
Dinsdag       Oats
 
Woensdag    Maltabella
 
Donderdag   Mieliepap
 
Vrydag        Oats
Middagete 11h30 - 12h00
Week 1
Maandag     Beeskookvleis met rys en groente
Dinsdag       Visvingers en kapokaartappels
Woensdag    Spaghetti bolognaise
Donderdag   Hoender met koring en groente
Vrydag        Vleispasteitjies met aartappelskyfies
Middagete 11h30 - 12h00
Week 2
Maandag     Chicken-a-la-king
Dinsdag       Herderspastei
Woensdag    Ham en kaas snackwich broodjies
Donderdag   Hoender roerbraai
Vrydag        Worsrolletjies
bottom of page