


I'm a description. Click to edit me


Ons Skool
Woelwaters Speelskool is deur Annelie Els op 1 Junie 2013 begin. Sy het 'n groot passie vir babas en kinders gehad en was persoonlik betrokke by die skool totdat sy in Julie 2023 gesterf het. Haar visie was om 'n skool te skep waar kinders baie liefde ontvang in 'n veilige, Christelike omgewing. Haar middelste seun, Andries, wat al die jare saam met sy ma by die skool betrokke was, het in 2023 besluit om sy ma se visie vir Woelwaters te laat voortleef. Andries en die personeel by Woelwaters streef na ‘n rustige en gedissiplineerde tuiste waar kinders met selfvertroue kan groei en ontwikkel.

Getuigskrif
Woelwaters is nie net 'n skool nie, dis soos 'n familie. Jy kan jou kind met 'n geruste hart afgee en weet hul word met Christelike waardes en goeie maniere geleer. My dogter het ook baie goeie maats daar gemaak.
Elke kind word met liefde hanteer. Die skool het kameras wat heeldag die kinders dophou. Ek sal Woelwaters vir enige ouers voorstel, en glo my, u kind sal altyd gelukkig wees!
Carien Buys
Woelwaters Speelskool is nou al van 2016 af deel van ons lewens. Ek kan nie meer dankbaar wees vir die waardes wat my kinders daar leer nie. Die klas aktiwiteite word met soveel kreatiwiteit aangebied, dit is beslis baie pret. Daar word uitsonderlik na elke kind se behoeftes omgesien. Daar was nog nie een dag in die laaste 9 jaar wat ek gevoel het ons behoort nie hier nie. Beslis 'n omgee skool met hoë standaarde.
Sonè Waite
Tye
Maandag tot Vrydag
Voldag 06h30 - 17h30
Halfdag 06h30 - 12h00
Kostes 2026
Voldag en halfdag beskikbaar.
Kontak Andries op 061 424 4572 vir huidige tariewe.
Kostes sluit in:
-
Ontbyt en middagete soos ooreengekom met ouers
-
Vakansiesorg (behalwe 4 weke gedurende die Desember vakansie)
Spyskaart
Ontbyt 08h00
Maandag Mieliepap
Dinsdag Oats
Woensdag Mieliepap
Donderdag Oats
Vrydag Weet-Bix/Nutrific
Middagete 11h30 - 12h00
Week 1
Maandag Beeskookvleis met rys en groente
Dinsdag Hoender nuggets en kapokaartappels
Woensdag Spaghetti bolognaise
Donderdag Hoender met rys en groente
Vrydag Pannekoek/Vleispasteitjies met aartappelskyfies
Middagete 11h30 - 12h00
Week 2
Maandag Beeskookvleis met rys en groente
Dinsdag Visvingers met papatskyfies
Woensdag Macaroni & Kaas
Donderdag Chicken A-La-King
Vrydag Worsrolletjies/Pizza

Woelwaters Speelskool ondersteun The Waste Trade Company. Ons herwin items soos plastiek bottels, karton, papier en nog baie meer!
Ons glo dat ons saam 'n verskil kan maak!