top of page

Welkom by Woelwaters Speelskool

 

Woelwaters is 'n versorgings- en vroeë-ontwikkelingsentrum met 'n sterk Christelike grondslag. Ons bied liefdevolle versorging en hoë gehalte stimulasie en onderrigsprogramme aan kinders vanaf 3 maande tot 5 jaar. Ons bied ook nasorg aan vir Laerskool Lorraine leerlinge.

Kontak Ons

 

             Andries Els 061 424 4572



 

       woelwatersskool@gmail.com

 

        90 Verdun Rd, Lorraine, 

        Port Elizabeth

Ouderdomsgroepe
3 - 12 Maande
Cute Baby Crawling

Hierdie ouderdomsgroep is in twee aparte klasse. Die eerste klas is vir die babas wat nog nie kan kruip nie. Sodra babas hul kruip-mylpaal bereik, word hulle na die tweede klas geskuif. Daar is een versorger vir elke drie babas. Dit is om te verseker dat elke baba genoeg individuele aandag en sorg kry.

ELDA

Ons volg die ELDA Kurrikulum soos vereis deur die Departement van Onderwys
1 - 2 Jaar 
Nursery Play

Daar is twee klasse vir die ouderdomsgroep. Ons probeer om die klasse klein te hou sodat elke kind persoonlike aandag kry. Kleuters van hierdie ouderdom volg 'n daaglikse program. Die fokus is op leer deur speel en hulle geniet baie binne- en buite-speeltyd, kreatiewe aktiwiteite en storietyd. Daar is altyd twee versorgers in elke klas wat na die kinders omsien.

download_edited.png
!!! VEILIGHEID EN SEKURITEIT !!!
Woelwaters is gekontrakteer by ECMR vir enige mediese noodgevalle.
Daar is CCTV kameras in die klaskamers en ook op die speelgrond.
icon-illustration-cctv-camera-260nw-6273
2 - 3 Jaar
Drawing Together

Daar is een klas vir hierdie ouderdomsgroep. Op hierdie ouderdom begin die kinders met "Potty Training". Hulle volg ook 'n daaglikse program gebaseer op die ELDA kurrikulum wat 'n weeklikse tema, speeltyd, slaaptyd en kuns aktiwiteite insluit. Daar is ook verskillende buitemuurse aktiwiteite waarmee hulle nou kan begin.

3 - 4 Jaar
Young Artist

Daar is twee klasse vir hierdie ouderdomsgroep. Die kinders in hierdie klas volg 'n program met 'n weeklikse tema wat gebaseer is op die ELDA kurrikulum. Die werk is meer gevorderd en gepas by die ouderdom. Op hierdie stadium is daar een onderwyseres en een assistent vir elke tien kinders.

4 - 5 Jaar
Girl in Class

Die fokus vir kinders in die ouderdomsgroep is om hulle reg te kry vir Graad R. Ons volg weeklikse temas wat op die ELDA kurrikulum gebaseer is en die kinders word voorberei vir meer formele skoolopleiding. 

bottom of page